Headspring begin bou aan myn-span
Twintig jong mense van Leonardville sal ambagsopleiding kry deur ‘n vennootskap tussen Headspring Investments en die Namibië Instituut vir Mynboutegnologie, Nimt. Kragtens die ooreenkoms sal die instituut 40 kandidate van Leonardville assesseer en 20 kies vir opleiding in Arandis, met die fokus op velde soos pasmaak, draai en ketelmaak. Die ooreenkoms word gewaardeer op meer as 500 000 Namibiese dollar vir die 2024/2025 finansiële jaar, wat onderrig en verblyf dek. Die Russiese mynmaatskappy is bekend vir sy uraanmyn-pogings in die Stamprietkom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headspring Investments, oor die doel van die vennootskap.