Haweloses vertel van haglike leefwyse by Katutura stadion


Hawelose mense van Windhoek woon in haglike omstandighede by die stadion by die Katutura-jeugkompleks. Die mense is oorspronklik in Maart 2020 daarheen verskuif oor Covid, maar is steeds daar. Hulle getalle groei ook die heeltyd aan. Kosmos 94.1 Nuus het ‘n draai by die stadion gaan maak en met die haweloses gepraat. Hulle wil graag anoniem bly. So sê een van die inwoners van die sportveld.

‘n Ander hawelose sê Harambee is klaar en hulle goed word gesteel.