Harvey Weinstein kan aan Kalifornië uitgelewer wordJune 16, 2021
Die gewese Hollywood-swaargewig, Harvey Weinstein kan aan Kalifornië uitgelewer word om daar tereg te staan op aanklagte van seksuele aanranding, het ‘n regter in New York gesê. Hy dien reeds 23 jaar vir verkragting en seksuele aanranding uit.