Hartseer vir Le Clos in Parys
Olimpiese Spele: Chad le Clos van Suid-Afrika kon nie vir die halfeindronde van die 100-meter vlinderslag in Parys kwalifiseer nie. Die silwermedaljewenner in Londen in 2012 en Rio in 2016 het tweede gekom in sy uitdun, maar kon slegs die 24ste vinnigste tyd behaal terwyl net die 16 vinnigste kwalifiseerders deurdring. Sy landgenoot, Matthew Sates, het ook uitgeval nadat hy vroeër ook nie na die halfeindronde van die 200-meter vlinderslag kon deurdring nie. Le Clos het nie deelgeneem aan dié item wat hy in Londen gewen het nie.