Hartebeestloop-bul behaal N$350 000

Die Hartebeestloop-veiling van Joggie Briedenhann is op die oomblik aan die gang en sy legendariese Bonsmara-bulle gaan onder die hamer. Tot dusver wissel pryse rondom 80 000 en 100 000 Namibiese dollar vir die jonger bulle maar, een bul is verkoop vir 350 000 dollar met ‘n ander vir 320 000 dollar en nog een vir 300 000 dollar. Drie bulle het ook gegaan vir tussen 200 000 en 250 000 dollar. Agra Auctions hanteer die veiling.