Harry moet self sorg vir beskerming

Prins Harry het sy hofsaak verloor teen die Britse regering se besluit om sy polisiebeskerming weg te neem wanneer hy in die Verenigde Koninkryk is. Sy polisiebeskerming word deur belastingbetalers befonds. Die Departement van Binnelandse Sake het in Februarie 2020 besluit om die hertog van Sussex minder beskerming te bied, omdat hy nie meer ‘n werkende lid van die koninklike familie is nie. Harry se prokureurs het aangevoer die besluit beteken dat hy uitgesonder en benadeel word. Hy gaan teen uitspraak appelleer.