Harry, Meghan besoek Nigerië
Prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, het Nigerië besoek as deel van sy bevordering van die Invictus-spele, wat hy tot stand gebring het vir gewonde militêre veterane. Die paartjie het in die hoofstad, Abuja, aangekom waar hulle by ‘n skool aangedoen het om daar ‘n geleentheid oor geestesgesondheid vir studente te open. Meghan het op die verhoog by die hertog van Sussex aangesluit voor hulle vertrek vir ‘n ontmoeting met Nigeriese militêre bevelvoerders, as deel van die Invictus-program.