Harry mag nie polisiebeskerming in die hof eis nie

Prins Harry het misluk met sy poging om die Britse regering uit te daag oor sy veiligheidsreëlings wanneer hy in die Verenigde Koninkryk is. Harry en sy vrou, Meghan, het hulle Britse beveiliging verloor wat toe hulle in 2020 alle koninklike verpligtinge opgesê en na Noord-Amerika verhuis het. Hulle het ʼn eie private sekerheidspan in Amerika, maar volgens Harry het hulle nie Britse jurisdiksie of toegang tot intelligensie om sy gesin se veiligheid te verseker as hulle in Brittanje is nie. Hy het geëis dat die Britse polisie na hulle moet kyk. Die hoërhof in Londen het toestemming om die besluit in die hof te betwis, geweier.