Harris vergader met Israel se Gantz

Die Amerikaanse vise-president, Kamala Harris, ontmoet vandag ‘n lid van die Israeliese oorlogskabinet, Benny Gantz, in die Withuis. Washington probeer glo om ‘n ooreenkoms vir ‘n tydelike skietstaking en meer hulp aan Gaza te bewerkstellig. ‘n Amptenaar van die Withuis sê die samesprekings sal na verwagting gaan oor die vermindering van Palestynse burgerlike ongevalle, ‘n tydelike skietstaking, die vrylating van gyselaars wat in Gaza aangehou word en meer hulp aan die gebied.