Harris sê Trump se veldtog handel oor wraak, selfsugtigheid

Die Amerikaanse visepresident Kamala Harris het die voormalige president Donald Trump beskuldig van ‘n selfsugtige veldtog van wraak, terwyl sy en haar ondersteuners werk vir ‘n beter toekoms vir alle Amerikaners. Sy het ‘n saamtrek toegespreek in Pennsilvanië, een van die deurslaggewende deelstate, voor die presidensiële verkiesing op 5 November. Byna 42-miljoen Amerikaners het reeds hulle kruisies getrek voor stemdag. Harris sê die verkiesing is ‘n kans om die vrees en verdeeldheid om te keer wat die kenmerk geword het van die politiek in Amerika: