Harris sê haar administrasie sal bankvas staan agter die Oekraïne
Die Amerikaanse adjunk-president, Kamala Harris, sê Oekraïne kan nie gedwing word om ‘n vredesooreenkoms te aanvaar waarin hy sy soewereine grondgebied en neutraliteit prysgee om vrede te maak met die Russiese president Vladimir Putin nie. President Joe Biden en Harris het met die Oekraïnse leier Volodymyr Zelensky by die Withuis vergader. Harris het bevestig dat indien sy president sou word, Amerika sy onwrikbare steun vir Oekraïne sal voortsit: