Harris sal die week as kandidaat vir Demokrate bevestig word
Die visepresident van Amerika, Kamala Harris, word later vandeesweek aangewys as die kandidaat van die Demokratiese Party vir die verkiesing in November. Die voorsitter van die nasionale komitee, Jaime Harrison, het bevestig verteenwoordigers sal Donderdag hieroor stem nadat vroeër aangekondig is hulle gaan nie wag vir die nasionale konvensie later hierdie maand nie. Harris se veldtog sê intussen dit het 3,6 miljard Namibiese dollar in skenkings ontvang sedert president Joe Biden ‘n week gelede sy onttrekking uit die wedloop aangekondig het. Sowat 170 000 vrywilligers het ook aangemeld.