Harris moedig Netanyahu aan om oorlog te beëindig
Amerika se visepresident Kamala Harris sê sy sal nie stilbly oor die swaarkry in Gaza te midde van die Israel-Hamas-oorlog nie. Sy het die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu by die Withuis ontmoet en kommer uitgespreek oor die humanitêre situasie in Gaza. President Joe Biden het die eerste minister vroeër ontmoet. Harris het Netanyahu aangemoedig om die skietstilstand wat tans op die tafel is, te aanvaar: