Harris loop voor met 5 persentasie-punte

Demokratiese kandidaat Kamala Harris loop voor teen Republikein Donald Trump met 5 persentasiepunte. Volgens ‘n peiling deur ABC News het 48 persent van kiesers haar as positief beskryf, teenoor 32 persent in Julie, die grootste sprong sedert George W. Bush se guns gestyg het na die 11 September-aanvalle. Net 40 persent het Trump in ‘n positiewe lig gesien, op van 38 persent in Julie.