Harris belowe om Gaza-oorlog te beëindig
Amerika se visepresident Kamala Harris het beloof om alles in haar vermoë te doen om die oorlog in Gaza te beëindig. Sy het ʼn saamtrek in Michigan toegespreek waar Amerika se grootste Arabies-Amerikaanse bevolking woon. Michigan het sowat 240-duisend geregistreerde Moslem-kiesers. Harris sê sy sal seker maak al die gyselaars word vrygelaat, die lyding in Gaza stop, Israel se veiligheid verseker en toesien dat die Palestynse mense waardigheid, vryheid, sekerheid en selfbeskikking kry: