Harnas-eienaar gearresteer oor gebrek aan leeupermitte
Marieta van der Merwe, die eienaar van die Harnas-stigting, is Sondag in hegtenis geneem nadat die Namibiese omgewingsministerie bevind het dat 10 van die 26 leeus op die plaas glo nie permitte het nie. Die leeus was glo in ‘n klein kamp weggesteek. Sy het in die hof op Otjinene in die Omaheke-streek verskyn en is op borgtog van 30 000 Namibiese dollar vrygelaat.