Harmse gesels oor groeiende Paratus-netwerk

Die Paratus Fibre-netwerk verbind Afrika se Oos- en Weskus, van Swakopmund in Namibië tot Dar es Salaam in Tanzanië. Hul uitgebreide netwerk bied satellietverbindings aan 5 000 terminale in meer as 35 lande in Sentraal- en Wes-Afrika. Die maatskappy bestuur ‘n ongeveer 10 000 kilometer-lange vesel-netwerk en het planne om verder uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Barney Harmse, die groep se uitvoerende voorsitter, oor hul groeiende netwerk.