Harde jaar lê voor vir boere: ekonoom

Die landbouwerkersvereniging het sy 36ste jaarlikse kongres gehou by Arebbusch in die hoofstad. Die kongres het gefokus op die positiewe dinamika in boerdery, met verskeie sprekers wat deelgeneem het. Die vereniging het ook gefokus op hulle jaarlikse begroting en die finansiële verslag. ‘n Ekonoom van Cirrus Capital, Robert McGregor, het gepraat oor die Namibiese ekonomie en of daar hoop is vir boerdery, ekonomies en polities. Volgens McGregor is daar vele faktore wat lei tot die sukses van boerdery in die land.

McGregor het ook sy voorspelling gegee vir inflasie.