Hardapdam: ‘Business as usual’ gaan nie werk nie

Die stand van sake by die Hardapdam waarop talle produsente van die skema staatmaak wek groot kommer. In die laaste damverslag was die dam ‘n skamele 11,7 persent vol en net meer as 1,4 miljoen kubieke meter was in die voorafgaande sewe dae onttrek. Vergaderings tussen NamWater en rolspelers het op Mariental plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater, oor hoe die vergadering verloop het en die oplossings rakende die dam en besproeiingskema.

Nehemia sê dat hulle na alle aspekte kyk, insluitend om seker te maak dat vee in die omgewing water het.