Hardap: Water raak min, NamWater belê vergadering

Daar is indikasies dat NamWater watertoevoer van Hardapdam na die besproeiingskema gaan afsny. Daar is ‘n vergadering vir Vrydag met produsente belê. Hardap is tans op 8 persent of 23 miljoen kubieke meter en daar is in die afgelope week 727 000 kubiek deur die skema onttrek. Die skema mag net 25 persent van gewasse besproei. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental se uitvoerende hoof, Paul Nghwilepo gepraat. Hy sê beide watervoorsiening vir mense en werkverskaffing by die skema is belangrik.

Die standaard protokol is om die dam op 5 persent vir landbou-besproeiing te sluit.