Hardap wat opdroog sal ramp vir suiwelplaas wees

Daar is groot kommer oor die stand van sake by die Hardapdam waarop talle produsente van die skema staatmaak. Op die oomblik is die dam op 17,3 persent van kapasiteit en boere het reeds hulle aanplantings gedoen. Mielies en lusern is belangrike gewasse vir die produsente en die !Aimab-melkplaas maak staat op die lusern vir hulle kudde. Die !Aimab Superplaas word besit deur Namibië Melkerye, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, voorsitter van die O&L-groep, gepraat oor die implikasies as alle besproeiing by die dam teen einde Maart gestaak sal moet word weens ‘n gebrek aan water.