Hardap vat nog water!

Die Hardapdam het oornag nog water gevat! Op hierdie stadium tel elke druppel, aangesien die groenskema op die dam staatmaak en baie min reën tot dusver geval het. Sedert gister se damverslag het die Hardap 1,2 miljoen kubieke meter invloei gehad en staan nou op 12,7 persent. NamWater sê die Nautedam het ook gestyg vanaf 48 persent van kapasiteit na 48,3 persent. In die Ooste het die Daan Viljoendam naby die dors Gobabis gestyg vanaf 5,4 persent tot 7,2 persent, en die Tilda Viljoen vanaf 4,5 persent tot 4,7 persent. Die Otjiverodam het ook effens gestyg vanaf 4,5 persent tot 4,6 persent.