Hardap-polisie help ook nie veel met veediefstal nie

Die boere van die Okahandja-distrik vergader vandag met die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, blykbaar oor klagtes in verband met die veediefstaleenheid op die dorp. Veediefstal ruk hand uit regoor die land en boere sit met hul hande in hul hare oor die misdaad, wat ook uiters wreed voorkom. In die suide sê Gibeon se operasionele komitee teen veediefstal onder leiding van Christiaan Swartbooi, veediefstal is steeds ‘n uitdaging en die polisie doen nie veel om die misdaad te bekamp nie.