Hardap-opvanggebied kry dalk reën die week

Die meeste van die land se damme is uiters leeg en het minder water as verlede jaar, veral in die sentrale en oostelike dele. Die lae stand van die Hardapdam wek ook kommer onder boere by die groenskema, wat van die water afhanklik is vir besproeiing. Volgens weerkenner en suideboer George van die Merwe, lyk die vooruitsigte vir reën oor die sentrale, suidelike en suid-oostelike dele van die land egter goed in die volgende week.