Hardap kry invloei, ook damme in die Ooste

Die land se damme is steeds laag, maar sommige het effe inloop gekry. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 22,6 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,4 persent na ‘n klein invloei, en Swakoppoort staan op 38 persent. Omatako is op 0,6 persent. In die Suide is Hardap op 13 persent na ‘n totale invloei van 2,3 miljoen kubieke meter die afgelope week. Naute by Keetmanshoop is op 48,1 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 43,9 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,4 persent met die Otjiverodam op 4,5 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 4,6 en 7,3 persent. Die Olushandjadam in die Noorde is op 38,5 persent.