Hardap het toe 0,7% water ingeneem, nog verwag
Hardapdam het 0,7 persent water gevat en staan tans op 12,2 persent, op van net meer as 11 persent ‘n week gelede. Die dam voorsien die besproeiingskema met water en daar was hoop vir meer invloei was wat ontvang is. Maar, volgens Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap-boerevereniging, is daar steeds hoop vir nog invloei. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
NamWater se nuutste dambulletin word vanmiddag verwag.