Hardap baie leeg, maar Mariental nie paniekerig

Alle oë is steeds op die Hardapdam wat net 11 persent vol is, met beide die groenskema en die dorp wat op sy water staatmaak. Die groenskema se waterverbruik word reeds beperk. Die Mariental munisipaliteit se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, sê niemand hoef paniekerig te word nie.  

Hardap-produsente by die skema is toestemming gegee om 25 persent van hul landerye te besproei. Nghiwelepo sê alles moet gedoen word om die skema te help, want hulle produseer voer te midde van die droogte.