Hardap baie leeg, maar genoeg water vir Mariental

Volgens NamWater se laaste dambulletin is die Hardapdam net 10,3 persent vol. Produsente by die groenskema kan al lank net 25 persent van hulle lande besproei, wat hulle in staat stel om hulle permanente oeste te behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Mariental dorpsraad se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, wat verduidelik wat sal gebeur soos die watervlak verder sak.