Harare se cholera word plaaslik gemonitor
Zimbabwe se hoofstad Harare is deur ‘n cholera-uitbreking getref. Zimbabwe het sedert Februarie cholera-gevalle aangemeld, en vanaf 2 Mei het dit 620 gevalle en 14 sterftes aangeteken wat vermoedelik met cholera verband hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gepraat wat sê dat hulle voortdurend monitor sou gevalle in Namibië aangemeld word, veral met mense wat in en uit Namibië reis.