Harare kondig cholera-noodtoestand af
Zimbabwe het ‘n noodtoestand in Harare afgekondig weens die cholera-uitbreking. Die land worstel die afgelope paar maande met die uitbreking, wat vererger word deur ‘n gebrek aan skoon water. Die burgemeester van die hoofstad, Ian Makone, maan oor ‘n herhaling van die 2008-uitbreking, waarin 4 000 mense hulle lewens verloor het. Die Internasionale Rooikruis berig hospitale sukkel met toenemende pasiënte weens ‘n tekort aan gesondheidsorgwerkers en onvoldoende voorrade.