Hannon en Julius skei na 30 jaar saam

Na 30 jaar saam het die Glam Guru Hannon Bothma en sy lewensmaat Julius Swart se verhouding tot ‘n einde gekom. Die twee, wat in Oktober 2018 getroud is, wou nie enige kommentaar verder lewer nie maar, sê dat die handelsmerk van die Glam Guru, voort sal gaan sonder enige onderbreking. In ‘n verklaring sê die twee dat hulle skeiding tot voordeel van Julius Swart Promosies, wat as Hannon handel dryf, sal wees.