Hang aan saaiboere, die trekkers is op pad

Saaiboere in die Noordelike Kommunale Gebiede in die Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikoto-streke wil begin ploeg en plant aangesien hulle goeie reën gekry het, maar staar uitdagings in die gesig. Die donkies en beeste wat die droogte oorleef het, is te swak om vir ploegwerk gebruik te word, en in baie gebiede sê hulle dat hulle wag vir die regering se trekkers om te arriveer, maar het geen kommunikasie van die landbouministerie gehad sedert hulle vir die diens geregistreer het nie. Kosmos 94.1 Nuus het aan Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, gevra wat die situasie met die trekkers is.