Handura behaal groot mylpale as hokkie-afrigter

Die einde van ‘n era het aangebreek met Erwin Handura se bedanking as afrigter van die Namibiese nasionale vroue-hokkiespan, ná ’n hoogs suksesvolle termyn. Die Namibiese hokkie-unie het in ’n verklaring gesê Handura beoog om voortaan sy passie vir hokkie-ontwikkeling uit te leef. Die president van die unie Reagon Graig het sy waardering vir die bekroonde afrigter uitgespreek en hom voorspoed met sy nuwe planne toegewens. Onder sy leierskap het die span beduidende mylpale bereik, insluitend die verteenwoordiging van Namibië by verskeie internasionale kompetisies soos die Binnenshuise Wêreldbeker, Afrikabeker en die Hokkie5’s Afrika-kampioenskappe. Handura het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…