Handelstekort: Vraag na diamante, minerale neem af
IJG Sekuriteite sê hy verwag dat beide Namibië se uitvoere en invoere sal toeneem maar daar is kommer oor die globale verswakking in vraag na diamante en ander minerale. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die handelstekort in Februarie het van 1,8 miljard Namibiese dollar in Januarie gestyg tot 3,9 miljard dollar – veroorsaak deur ‘n 24,4 daling in uitvoere en ‘n 17,4 persent styging in invoere. Die makelaarsfirma voeg ook by dat handelsaktiviteite by die land se twee hawens sal toeneem as gevolg van die krisis in die Rooisee wat voordelig vir Namibië sal wees.