Handelstekort krimp verder, N$100 000 se kondome in Feb. ingevoer

Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê Namibië se handelsbalans is steeds in ‘n tekort maar, het op ‘n maandgrondslag met 86,2 persent verbeter en met 84,9 persent, op ‘n jaargrondslag gemeet. Verliese van 3 miljard Namibiese dollar is in Januarie vanjaar aangeteken teenoor 2,8 miljard dollar wat in Februarie bereken is. Suid-Afrika is steeds bo-aan die lys van handelsvennote, vir beide invoere en uitvoere. Gedurende Februarie is diamante, uraan, goud en koper onder die top-uitvoere met vis wat ook onder die top-vyf is. Invoere is gedomineer deur petroleum olies, voertuie, toerusting vir kontrakteurs en alkoholiese drankies. En, luidens die handelsverslag, is kondome ter waarde van 100 000 Namibiese dollar vanuit Suid-Afrika ingevoer met geen uitvoere nie. Dit is nie bekend wanneer die omstrede kondoom-tender weer beskikbaar gestel sal word nie.