Handelstekort krimp in April
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die handelstekort vir April het teruggesak en is op 3,1 miljard Namibiese dollar aangeteken teenoor die reuse 4,6 miljard dollar wat in Maart aangeteken is. Oudergewoonte het diamante, uraan, nie-monetêre goud, vis en petroleum-olies uitvoere oorheers. Heruitvoere het op ‘n maandgrondslag met 2,6 persent gestyg. Die agentskap se kommoditeit van die maand is sampioene en truffels en is teen ‘n koste van 300 000 dollar ingevoer in April.