Handelstekort krimp effe na N$3,3 miljard
Die Namibiese handelstatistiek vir September is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gestel. Die handelstekort het effe gekrimp na 3,3 miljard Namibiese dollar van 4,9 miljard dollar wat in Augustus aangeteken is maar is hoër as die 2,6 miljard dollar van September 2022 aangeteken is. Oudergewoonte is diamante, uraan, nie-monetêre goud en petroleum olies die land se top-uitvoere en Suid-Afrika is die grootste handelsvennoot vir beide invoere en uitvoere. Her-uitvoere het op ‘n maandelikse basis met 9,9 persent gedaal en op ‘n jaargrondslag, met 39,2 persent. Die kommoditeit van die maand is dadels. Ten spyte van die reuse-uitdagings by die Naute-skema, is dadels ter waarde van 2,6 miljoen dollar uitgevoer met invoere van die kommoditeit op ‘n skamele 31 038 dollar.