Handelstekort krimp effe
Die handelstatistiek vir November is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelstekort het effe gedaal van 4,5 miljard Namibiese in Oktober dollar tot 4 miljard dollar maar, vertoon uiters sleg vergeleke met 2022 se syfer van 2,8 miljard dollar vir dieselfde tydperk aangeteken is. China was in November die land se grootste mark vir uitvoere maar Suid-Afrika bly steeds die land waarvandaan ons die meeste invoer. Die kommoditeite vertoon dieselfde soos elke maand – uraan, diamante en edelstene, nie-monetêre goud, koper en vis is die hoof-uitvoere. Die kommoditeit van die maand is uie en gedurende November het Namibië uie ter waarde van 20,2 miljoen Namibiese dollar uitgevoer.