Handelsministerie waarsku oor slenter

Die handelsministerie waarsku die publiek oor ‘n fop-plasing op sosiale media, blykbaar onder die naam van die lynminister Lucia Iipumbu. Die plasing beloof befondsing vir klein besighede of boerderye en vra individue om aansoek te doen. Die ministerie sê verder die program is geaffilieer met die Internasionale Ontwikkelingsvereniging wat Afrikane bystaan om besighede te begin. Aansoeke moet per epos gedoen word en inligting kan so bekom word omdat die epos adres nie aan die ministerie behoort nie.