Handelsministerie, EU bied forum oor gehalte-infrastruktuur aan

Die handelsministerie en Europese Unie se Namibiese Nasionale Gehalte-infrastruktuur-forum vind môre in die hoofstad plaas. Die forum het ten doel om kennis te verskaf oor hoe die verskillende elemente van die kwaliteit-infrastruktuurstelsel voordelig en deurslaggewend is in die bereiking van kort- en langtermyn ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike welstand en bevryding van globale handel. Die forum sal om vanaf half-nege die oggend tot half-vyf die middag by ‘n Windhoekse hotel begin. Twaku Kayofa, kommunikasiebeampte van die EU in Windhoek deel meer met Kosmos 94.1 Nuus..