Handelsbanke speel groot rol in ekonomie: BoN goewerneur

Tydens ‘n openbare lesing van die Bank van Namibië by Unam het die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab gepraat oor “Modernisering van Namibië se finansiële landskap vir ‘n voorspoedige toekoms”. Tydens sy lesing het hy die bank se verlede bespreek en spesifiek gefokus op die toekoms van die bankbedryf wanneer dit kom by tegnologiese vooruitgang. !Gawaxab het ook die bydrae van die handelsbanke tot die land se BBP aangespreek.