Handelsbalans verbeter in April

Namibië se handelsbalans het gedurende April met 893 miljoen Namibiese dollar maand-op-maand en 2,1 miljard op ‘n jaargrondslag verbeter vanaf 2,2 miljard dollar wat onderskeidelik in Maart vanjaar en 3,5 miljard dollar in April verlede jaar waargeneem is. Suid-Afrika het na vore getree as Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere. Die uitvoermandjie vir April het hoofsaaklik bestaan uit minerale soos diamante, vis, nie-monetêre goud, uraan en onverwerkte koper. Vis bly die enigste nie-minerale produk binne die top-vyf produkte wat uitgevoer word. Die invoermandjie het hoofsaaklik bestaan uit petroleum-olies, motorvoertuie vir die vervoer van goedere, yster- en staalstawe, motors vir die vervoer van persone asook siviele ingenieurs- en kontrakteurs-toerusting.