Handelsbalans verbeter, Botswana grootse uitvoermark

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir November verlede jaar bekend gemaak. Beide invoere en uitvoere is opwaarts hersien met uitvoere wat met 6 persent gestyg het terwyl invoere met 8,3 persent toegeneem het. Terwyl daar steeds tekorte is het die handelsbalans verbeter met ‘n noemenswaardige 25,9 persent op ‘n maandgrondslag, en 3,2 persent op ‘n jaargrondslag. Botswana het na vore getree as Namibië se grootste mark vir uitvoere terwyl Suid-Afrika sy posisie as die hoofbron van invoere behou het. Die samestelling van die uitvoermandjie vir die maand het hoofsaaklik bestaan uit minerale soos edelstene en diamante, uraan, nie-monetêre goud en kopererts. Vis was steeds die enigste nie-minerale kommoditeit in die top vyf uitvoerprodukte. Die invoermandjie het hoofsaaklik bestaan uit petroleumolies, voertuie, chemiese produkte, alkoholiese drankies en telekommunikasietoerusting.