NSA brei uit oor N$5,8 miljard negatiewe handelsbalans
Die land se handelsbalans het in September ‘n tekort van 5,8 miljard Namibiese dollar aangeteken, vergeleke met ‘n tekort van 3,6 miljard dollar in Augustus en 3,4 miljard dollar in September 2023. Suid-Afrika is steeds Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere, volgens die jongste handelstatistieke-verslag. Mirjam Shihepo, die Nasionale Statistieke Agentskap se skakelbeampte, gee meer inligting.