Handel stel openbare konsultasies tot na feestyd uit

Die handel-ministerie het sy openbare konsultasies oor die Wetsontwerp op Spesiale Ekonomiese Sones, die nasionale informele ekonomie, die beginners- en entrepreneurskap ontwikkelingsbeleid, die Namibië beleggingsbevordering en fasilitering regulasies en die nasionale verkoeling-strategie, uitgestel. Elijah Mukubonda, die ministerie se hoof van korporatiewe kommunikasie, sê die konsultasies sal beter vaar na die feestyd.