Handel-ministerie beloof goeie kliëntediens

Handel-minister Lucia Iipumbu het die ministerie se Kliëntedienshandves in Windhoek bekendgestel. Sy sê die dokument beliggaam die ministerie se belofte om die behoeftes en bevrediging van elke individu en organisasie wat hulle dien voorop te stel. Die handves belowe dat kliënte met afsprake nie langer as vyf minute sal hoef te wag nie. Kliënte wat aan die ministerie geskryf het, sal binne vyf werksdae ‘n erkenningsbrief kry en enige vrae sal onmiddellik beantwoord word. Iipumbu voeg by dat belanghebbendes terugvoer aan die ministerie moet gee sodat personeel aanspreeklik gehou kan word.