Handel met Brics-lande is nie as gevolg van ‘n beleid nie

Namibië se handel met Brics-lande vertoon op die oomblik baie goed, die hoogste syfer van alle groeperings en is tans op 97 miljard Namibiese dollar teenoor 85,3 miljard dollar met Sacu-lande en 43,1 miljard met die VSA, Europa en Brittanje. Volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, is handel met die  nuwe Brics-lede wat in Januarie 2024 bygevoeg word, reeds 12,5 miljard dollar. Terwyl dit baie voordele vir Namibië inhou kan dit die land geopolities beperk. Hei sê die handelsyfers is nie doelbewus so nie. 

Hy voeg by Namibië het geen spesifieke beleid in verband met handel nie.