Handel in kinders redelik algemeen in Namibië

Die Namibiese polisie sê daar is handel getref met 28 minderjarige kinders in drie jaar in die land en sedert April verlede jaar, is agt gevalle ondersoek waarvan vyf tans in die howe draai. Die land se grense is uiters poreus, veral in die noorde, en oorgrensbeweging is algemeen. Talle kinders kom na die land op soek na beter geleenthede. Daar is ook gevalle waar kinders uit landelike gebiede na dorpe toe gestuur word waar hulle dan werk en soms, uitgebuit word. Jong seuns vanaf Zambië en Angola werk ook algemeen as beeswagters in Namibië.