Hamilton sê hy en Merc is okei

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, sê dinge tussen hom en die Mercedes-span is in die haak, dae nadat hy verlede naweek hul strategie tydens die Singapoer Grand Prix gekritiseer het. Die 39-jarige Hamilton het derde gekwalifiseer, maar sesde klaargemaak. Hy was gefrustreerd nadat die span hom gevra het om met sagte bande te begin, terwyl hy eerder medium wou gebruik. Die span se tegniese direkteur, James Allison, het later die fout erken. Hamilton het Saterdag op sosiale media gesê dinge met die span is reg, en hulle sal mekaar tot die einde ondersteun.