Hamilton kritiseer FIA president vir taalgebruik
Motorsport: Lewis Hamilton van Mercedes kritiseer die president van die Wêreldliggaam vir Motorsport, Mohammed Ben Sulayem, wat aanvoer Formule Een-renjaers klink soos kletsrymers wanneer hulle vloekwoorde oor spanradio’s gebruik. Ben Sulayem het voor die naweek se Singapoer-Grand Prix gesê hulle moet onderskei tussen motorsport en rap-musiek. Hamilton sê hy verstaan Ben Sulayem se kommer oor oormatige gevloekery, maar daar is ‘n rasse-element in stereotipiese taal, met die meeste kletsrymers wat swart is.